klein karoo wedding willowmore hennie & Jacobu_0117

Willowmore Wedding – Hennie & Jacobu

Weddings

Okay so there is so much to say, I do not know where to start.  Will try and keep it as short as possible but I am going to do this one in Afrikaans, my home language:

“Met Jacobu se eerste epos navrae was ek aangenaam verras om te hoor Hennie gaan trou.  Ek het Hennie twee jaar terug ontmoet toe ek sy tweeling boet Kobus se troue afgneem het.  So besluit ek toe om bietjie op Facebook te gaan loer hoe die meisie lyk wat Hennie se hart gesteel het.  Gou het ek agter gekom daar is meer aan die twee se liefdesverhaal.  Ek is nie n tv kyk mens nie, so ek het geen idee gehad dat hulle redelik bekend was.  Miskien ook goed so want vir my was hulle net nog n gewone jong paartjie wat liefde gevind het en hulle groot dag met familie en vriende wil deel, hulle is plat op die aarde hartsmense en het my van dag een met hulle verlowing sessie soos n vriendin laat voel.

So breek die groot naweek toe aan en is ek, my assistent en ‘second shooter’ Beverley Matthee, vir die naweek deur Willowmore toe.  Ons het saam met Eon en Ilse Coetzee, die video span, in een van Hennie se gastehuise gebly vir die naweek – Eon en Ilse het dit super pret gemaak en het ek sommer liewer geword vir die awesome paartjie.  Dankie Hennie, die huis was stunning!  Die Vrydag daar aangekom, afgepak in Willowmore en toe deur plaas toe waar ons saam Hennie gaan kyk het vir plekke om fotos afteneem, Trompie natuurlik saam om te gaan verken.  Daar was n lekker kuier gees tussen al die harde werk, Jacobu se ma Tersia en die strooimeisies was druk besig, terwyl Hennie en Jacobu bont gestaan het om te kyk of alles glad verloop.  Die tente-dorp was reg vir die gaste om te arriveer. Die manne was in n kuier bui en het om n vuur gekuier met skaapstertjies op die kole.  Ek het die storie net so gekyk en gedink, nee jinne dit wil ek nie eet nie!…….kort voor lank toe vind ek myself met n skaapsterjtie inni hand, toe nogal lekker!

Laat Saterdag oggend begin die groot dag toe vir ons.  Wat n fees!  Almal was so rustig en alles was so mooi.  Jacobu se twee sussies, Noreth en Magdel en twee vriendinne, Arina en Arista was ware strooimeisies en het so mooi na Jacobu gekyk, veral ousus Noreth wat so mooi na die seremonie Jacobu se rok uit die stof probeer hou het.  Magdel het redelik emosioneel geraak voor en tydens die seremonie, maar het oorgeloop van die lekkerste lag tydens die fotos.  Jacobu het n mens se asem laat weg slaan, sy het sprokiesmooi gelyk.

By Hennie en sy strooijonkers, sy drie broers Dirk, Boy en Kobus en vriend Mike, was daar n regte manne atmosfeer.  Hennie het die sleutel na die karavaan verloor en moes toe sommer daar inni veld by sy bakkie aantrek.  Die manne het hom moedeloos gehad met hulle geterg, mens kon nie help om te lag nie.  Whiskey en sigare het gesorg vir n paar cool fotos voor die oulikste karavaan, versier met vlaggies wat Jacobu gemaak het.

Hennie en Jacobu het albei n traan in die oog gehad toe hulle mekaar voor in die ‘kerkie’ ontmoet.  Trompie was mooi gewas en het stroop soet aan n leiband gesit dwarsdeur die seremonie. Natuurlik moes die broers n laaste poets bak toe hulle die ringboksie stuif toe bind, Hennie het hom nie laat afsit nie en het dit met gemak oop gebreek. So is die twee toe getroud en Trompie was gou by om deel te word van die register teken.

Ons het oorspronklik begin met die fotos saam met die strooijonkers en strooimeisie voor n sink gebou by die venue, maar die stof het ons gou aan gejaag om maar eerder verder op die plaas te gaan probeer. Die fotosessie saam met almal in die grond dam was groot pret!  Boy het gesorg vir n lekker stofwolk, op Eon se kreatiewe voorstel.  Ek was eers vrek vies toe hulle so stof opskop maar toe die stof so agter Hennie en Jacobu verby kom sien ek die geleentheid vir n awesome foto.  Die res van die sessie met Hennie en Jacobu was letterlik n oorloop van eens spontane oomblik na die volgende.  Hennie het haar gereeld opgetel en laat dans, die man kon nie genoeg kry van sy mooi bruid nie.  Die sessie is afgerond met n stofpad skoffel teen sonsodergang.

Die onthaal was n ware boere fees in die skuur.  Die dekor was perfek en die kos, gemaak deur Louretta – Hennie se ma, was uit die boonste rakke.  Welgedaan aan die twee se mammas wat so hard gewerk het om hulle kinders se dag perfek te maak!  Toe ek die onthaal verlaat sien ek hoe mooi die maan oor die skuur skyn met die mooiste wolke, wat n stunning prentjie!

Dankie aan almal wat my so welkom laat voel het, dankie dat ek soos n familie vriend behandel is.  Ek hoop julle geniet hierdie fotos net soveel soos wat ek dit geniet het om dit te kon afneem.

Liewe Hennie en Jacobu, een stukkie raad aan julle:  As julle die stryd in hierdie lewe wil wen, hou Jesus die Hoeksteen van julle huwelik!

Met Liefde, Lynelle”

 

Service Providers:

Videographer: Eon Media

Tents: Zulu Overland

Snacks: Kasselshoop

Decor: Fabulous Functions

Groom & Best men Bow Ties and Suspenders: Eden&Co

DJ: Hanuli’s Sound & Video

Blomme: Kanetberg Flora

Wedding dress: Lealia Bridal Studio

Bridesmaid Dresses: Prettily

Venue: Millerstasie

Make-up and Hair: Melanie Gildenhuys, Thana Nel, Lilanie Dilley